Imperial GM Isando

    /ClientData/Platform4Auto/550/WebsiteDownloads/imperial isuzu.pdf

    NAMPO 2016


    Isuzu het homself as ’n betroubare, kragtige handelsmerk gevestig wat jaar jaar groei toon. Kliëntediens is die middelpunt van die onderneming, wat in ooreenstemming is met Isuzu se kernwaardes.


    Betroubare vragmotors

    enbakkiestekiesentekeur


    Imperial Isuzu Truck Centre stel steeds die maatstaf wanneer dit kom by verkope en naverkopediens onder Isuzu-vragmotorhandelaars in dieland,” meen mnre. Le Roux
    Roux, franchise-bestuursbeampte, en mnr. Ben Steenkamp, verkoopsbestuurder van hul Isando-handelaar.
       Mnr. Vernon Carr, handelaarprinsipaal van General Motors (GM), is onlangs aangestel om die passasiersvoertuigkant van die motorhandelaaragentskap te lei, wat die Isuzu-bakkies en Chevrolet- en Opel-handelsmerke insluit. Hy is hoopvol dat sy agentskap vanjaar verskeie maatstawwe sal stel wat voertuigverkope en die tevredenheidvan kliënte betref.

    TROTSE OOMBLIK

    Imperial Isuzu Truck Centre het tydens die onlangse geleentheid, waar verlede jaar se Handelaar van die Jaar aangewys is, drie pryse verower. Dit steun sy strategie vir die stel van maatstawwe vir die handelsmerk. Dié eerbewyse sluit in: Topvolumehandelaar, met die verkoop van 554 eenhede; die eerste en tweede plekke vir die beste andelaarbestuursbeamptes.
       Imperial Isuzu Truck Centre se vragmotorverkope van 554 eenhede is nóg ’n puik prestasie. Dié verkope maak 12,75% van Isuzu se nasionele verkope uit,
    wat altesame 4 346 eenhede vir verlede jaar was.
       Me. Bronwyn Andrade het die eerste plek behaal as beste handelaarbestuursbeampte. Die tweede plek het gegaan aan me. Elzahn Heyns.
       “Ons is uiters trots op hierdie prestasies van ons Isando-handelstak, veral ons twee topverkoopsbestuurders. Hul harde werk spreek duidelik uit die resultate,” sê Le Roux.

    WAARDE VIR GELD

    Een van die belangrikste neigings vanjaar is die onafwendbare prysverhogings onder al die handelsmerke in die mark vir vragmotors en passasiersvoertuie.
       Ben merk op dat die reigende prysverhogings op kort termyn ook meer besigheid kan beteken. Klante wil eerder vroeër koop as later in ’n tyd van ekonomiese afplatting.
       “Met die ingang van die tweede kwartaal van vanjaar kan ons baie nuwe bestellings verwag, maar die verkoopsgrafiek sal dan afwaarts neig,” sê Ben.
       Hoewel Le Roux veranderinge in die vragmotormark sien, hou hy vol die “meer bekostigbare” handelsmerke sal ’n toename toon soos kliënte meer prysbewus raak. Hy sê egter ’n sekere groep kopers sal altyd daarna kyk om die allerbeste voertuie te koop, selfs in hierdie taai tye en teen ’n hoër prys as die mededingers. “Hulle sien dit as ’n slim sakebesluit.”
       As GM se handelaarprinsipaal is Vernon goed op hoogte van die impak wat die land se ekonomie het. Hy verwag dat kopers van passasiersvoertuie die knyp van die prys- en rentekoersverhogings sal voel en eerder toetsmodelle en gebruikte voertuie sal aankoop, wat steeds die oorblywende deel van hul diens-/motorplan en ’n verlengde waarborg het.
       Hy merk egter op dat die aankoop van ’n nuwe Isuzu-bakkie die kliënt groot waarde vir geld bied, met bykomende kenmerke en mededingende pryse, sowel as bekostigbare finansieringsopsies.

    TRANSMISSIE

    As ’n mens na aankoopneigings binne die vragmotormark kyk, is daar ’n voortgesette neiging om voertuie met geoutomatiseerde/ handtransmissiestelsels (automated manual transmission, oftewel AMT) te koop.
       Die maatskappy se AMT het stellig reeds ’n omwenteling in die voertuigvlootmark begin. Le Roux en Ben bevestig dat minstens 75% van die vragmotors wat hulle verkoop, met AMT-transmissiestelsels toegerus is.   
    Le Roux voeg by dat die voordele van AMT nie net vanuit ’n bedryfstydperspektief bewys is nie, maar ook vanuit ’n kostebesparende perspektief, aangesien hierdie Isuzu-vragmotors minder instandhoudingstyd vereis.
       “Staantyd bly ’n uiters belangrike faktor in enige sakebedryf, veral in die logistieke vervoerbedryf. Dit is waarom meer eienaars in die vervoerbedryf
    hulle na Isuzu Trucks wend vir ’n oplossing, wat hulle nie net tyd nie, maar ook geld bespaar,” sê Roux.
       Baie van die mediumreeksvragmotors van Isuzu is met ’n AMT-transmissiestelsel toegerus. Dit is ’n leier in sy klas wat ontwikkeling in tegnologie vir mediumgroot-vragmotors met’n bruto voertuiggewig (GVM)  van 5,2 ton tot 15,5 ton betref. By die Smoother AMT-model gebruik die bestuurder nie ’n koppelaarpedaal wanneer hy wegtrek, ratte verander of stilhou
    nie. Die bestuurder gebruik slegs die rathefboom, versnelpedaal en rempedaal. Dit bespaar jaarlik duisende rande.
       Gegrond op ’n handratstelsel is voordele, soos ’n nat soort veelvuldige skyfkoppelaar en vloeistofkoppeling, bekend gestel juis om ’n bekostigbare stelsel te verseker wat makliker bestuur en vir kommersiële voertuie geskik is.
       Daarby sorg die gebruik van ’n elektromagnetiese, solenoïede, kleptipe ratwisselingseenheid vir die gebruik van ’n rekenaarbeheerde, outomatiese ratkas- en handratkasstelsel.
       Hierdie kenmerke help die bestuurder om die vragmotor op outomatiese óf handrat-wyse te bestuur sonder om die koppelaar te gebruik. Dit skakel koppelaarmisbruik uit. Die koppelaar kan in ’n vragmotor se gebruikstyd, veral in Suid-Afrika se kwaai stadsverkeer, na gelang van die model, tussen vyf en agt keer vervang word. Met die AMT-opsie word hierdie onverwagse uitgawes, ongerief en hersteltyd beperk.

    STAATMAKER

    Die Isuzu KB-enkelkajuitbakkie spog met ’n nuwe 2,5 liter-hoëverrigtingenjin wat ’n indrukwekkende 100 kW en 320 N.m wringkrag lewer.
       Hierdie enjin is een van die bes gebalanseerde kragtreine in die bedryf. Met ’n trekvermoë van tot 3 500 kg en ’n vragkapasiteit van tot 1 174 kg, is die Isuzu KB-enkelkajuit gebou vir uithouvermoë en harde werk.
       Boonop is Isuzu se dieselenjins legendaries vir hul uitstekende brandstofdoeltreffendheid en betroubaarheid. Die KB 250-basismodel lewer ’n saamgestelde siklusverbruik van 7,9 liter per 100 km.
       Die Isuzu KB Extended Cab balanseer die voordeel van die enkel- en dubbelkajuit.
       FlexDoors sorg vir maklike toegang tot die laaikis agter die bestuurdersitplek. Hierdie hardwerkende bakkie is ideaal vir klein tot medium-besighede. Die Isuzu Extended Cab is beskikbaar met tweewielaandrywing en ’n outomatiese ratkas, wat dit die ideale trekvoertuig maak met uitstekende duursaamheid.

    DUBBELKAJUIT

    Die Isuzu KB-dubbelkajuitbakkie het die brandstofdoeltreffende, hoëverrigting- 2,5 literdieselenjin onder sy kap. Dié enjin is ook die rede waarom Isuzu kan spog met wêreldleidende
    koste-van-eienaarskap-syfers.
       Dit voeg krag, wringkrag, algehele rybaarheid en brandstofdoeltreffendheid saam.
       Isuzu het ook ’n nuwe outomatiese ratkas by die Isuzu KB 300 LX 4x4 aangebring. Dit is ideaal vir trekwerk en verminder 4x4-verwante slytasie.
       Veiligheid is op die voorgrond vir Isuzu, of jy die enkelkajuit, verlengde kajuit of dubbelkajuit kies.
       Reis veilig met elektroniese stabiliteitsbeheer, wat ’n sluitweer-remstelsel (ABS), elektroniese remkragverspreiding en rembystand, sowel as lugsakke  vir die bestuurder en passasier op uitgesoekte modelle insluit.
       Die dubbelkajuit het traksiebeheer en ’n sluitweer-remstelsel as standaard-veiligheidskenmerke. Die Isuzu KB 300 LX is toegerus met ses lugsakke sodat jy en jou passasiers in ’n botsing beskerm word.
       Isuzu bou al 30 jaar lank bakkies wat taai, duursaam en betroubaar is. Met die vernuwende D-TEQ-dieseltegnologie en legendariese gerief, kan jy altyd op Isuzu staatmaak, of jy nou in die bosse ry of na ’n sakeafspraak op pad is.
       Met meer krag, ’n wyer keuse en groter gemak vir die bestuurder en passasiers is die Isuzu KB ontwerp en vervaardig om te presteer elke keer dat jy agter die stuurwiel inskuif. 

    KLANTEDIENS

    Die vragmotorwerkswinkel van Imperial Truck Centre Isando en GM Isando kan 15 vragmotors per dag versien of herstel. Die GM-werkswinkel kan ongeveer 30 tot 40 voertuie per
    dag hanteer. Die sentrum het ook ’n omvattende onderdele-afdeling met feitlik R6 miljoen se onderdele.
       “Ons bied ook 24-uur-padbystand aan ons vragmotorklante,” voeg Le Roux by.
       Die handelaar in Bloemfontein het 14 dienssones, waarvan 6 vir weermagkontrakte opsy gesit is. Hy kan 6 vragmotors per dag versien. Die werkswinkel is met voorafreëling op Saterdae oop vir herstelwerk. Hy het onderdele van meer as R1,5 miljoen in voorraad en lewer onderdele binne die distrik Bloemfontein.
       GM Isando het iemand in diens wat omsien na vele groot vlootmaatskappye se naverkope-en aankoopbehoeftes.
       Daar is groter mededinging en ’n paar kliënte sal nuwe handelsmerke uittoets. Tog is Le Roux en Ben vol vertroue
    dat Isuzu Trucks se produkte die gesogste vragmotors in Suid-Afrika sal bly.
       Vernon sluit af deur te sê: “Ek is trots daarop om met Isuzu geassosieer te word. Ons het onsself gevestig as ’n betroubare handelsmerk binne die vlootsektor en toon jaar ná jaar groei. Ons verwag groot dinge in die komende jare. Klantediens is die middelpunt van ons onderneming, wat in ooreenstemming met die kernwaardes van Isuzu is.”